top of page

Onthou: ons vergeet!

'n Mens moet soms herinner word, aan hoe vinnig ons vergeet...


Daar is kere wat 'n mens langs 'n graf staan en jy dink "hierdie oomblik, sal ek nooit vergeet nie". Of, iets wonderlik gebeur met jou en jy is so bly en opgewonde! Jy is seker "nog nooit was ek só gelukkig nie!"


Tog is dit maar 'n paar weke, maande of jare en die hartseer sny nie meer só diep nie. Of die geluk is nie meer só vars nie.


So maak ons ook, as dit kom by die Evangelie. Hebreërs 12:18-24 sê, deur die bloed van Jesus is ons alreeds by Sion! Ons staan met ons voete in God se Koninkryk! God is toeganklik, God praat met ons en ons kan met Hom praat. Daar wag 'n Nuwe Jerusalem. Daar wag volmaaktheid...


Tog is dit maar 'n paar oomblikke later en ons vergeet alweer waar ons alreeds is! Ons maak alewig asof ons steeds by Sinaï is. Die Ou Verbond van vrees en God wat ontoeganklik is. Ons wil soms van God af weghardloop, want ons vergeet, Jesus se besprinkelingsbloed maak my rein en Sy genade is altyd groter as my sonde. Ons vergeet, ons is "immers by Sionsberg!"


Ons moet onthou, dat ons alewig vergeet. Daarom is dit ook so goed, om Sondag-na-Sondag herinner te word.


Groete uit die pastorie!


67 views

Recent Posts

See All
bottom of page