top of page

Ses Bybelse gegewens oor die hel

Die onderwerp van die hel is 'n ongewilde en onbekende onderwerp, tog het Jesus baie tyd daaraan bestee om vir ons te leer wat die hel is en om ons daarvan die waarsku.


Buitendien het Hy juis gekom om ons te verlos van die hel! Ons moet weet wat die hel is - ons moet weet waarvan ons verlos is!


Ek deel daarom graag weer 'n gedeelte van afgelope Sondag se preek. Hoofsaaklik deel ek net die tekste wat verwys na die spesifieke gegewens (die volle preek is in klank en die volle erediens in video beskikbaar).


--


SES BYBELSE GEGEWENS OOR DIE “HEL”

1. Die Skrif openbaar, in die eerste plek, dat die hel vir die duiwels en die ongelowiges is


Die duiwels

Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is.” (Open. 20:9)


Johannes skryf in Openbaring in die teenwoordige tyd, maar verwys na iets wat nog in die toekoms moet plaasvind. Hy skryf in die teenwoordige tyd, omdat die gebeurtenis so seker sal plaasvind!


Sommige mense

Wie die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, 10sal van die wyn van God se toorn moet drink… Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie…” (Open. 14:9-11)

Dit is onder andere:

i. Hulle wat die kerk van Christus vervolg

“God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly…” (2 Thess. 1:6-10)

ii. Hulle wat God nie ken nie

Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.” (2 Thess. 1:6-10)

iii. Hulle wat die evangelie van Jesus nie gehoorsaam nie

Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.” (2 Thess. 1:6-10)

iv. Ieder en elk van die wat in hulle sondes volhard en nie bekeer nie

Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.” (1 Kor. 6:10)

2. Die Bybel leer ons, tweedens, dat die hel ‘n letterlike plek sal wees

“Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies en hulle in die brandende oond gooi” (Matt. 13:50)

“Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.” (Luk. 16:19-31)

Die helse plek ("Gehenna") bestaan nog nie

“…Dit sal gebeur op die dag wanneer Hy kom.” (2 Thess. 1:10)

“Toe sê hy [=die ryk man]: ‘Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe. 28Ek het nog vyf broers. Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.’ 29Maar Abraham sê: ‘Hulle het die woorde van Moses en die profete. Laat hulle daarna luister.’ “ (Luk. 16:19-31)

Die hel (helse toestand) bestaan reeds


Die ongelowiges wat voor die wederkoms doodgaan, is alreeds in ‘n helse staat, maar nog nie in die helse plek nie. Hierdie helse toestand waar die oorlede ongelowiges nou reeds is, word soms in die Bybel sheol, die doderyk, genoem.

“Laat hy hulle dringend gaan waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging beland nie.” (Luk. 16:19-31)

3. Die derde, verskriklike Bybelse gegewe oor die hel, is dat die hel vir ewig is

“…Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur…” (Matt 25:41)

Dit is die dieptepunt van die helse pyn en lyding – om te wens jy kan doodgaan, maar jy kan nie en jy sal ook nooit nie.

“Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie” (Open. 14:11)

4. Vierdens, leer die Skrif ons dat die hel ‘n onblusbare vuur is

“Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.” (Jes. 66:24)

“Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” (Matt. 13:50)

“Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. 23Toe hy in die doderyk in pyn verkeer, kyk hy op en…hy roep: …Stuur tog vir Lasarus dat hy net die punt van sy vinger in water steek en my tong afkoel, want ek ly verskriklik in hierdie vuur.’ (Luk. 16:23,24)

“Hulle sal dag en nag gepynig word.” (Open. 20:10)

5. ‘n Vyfde Skrifgegewe oor die hel is dat sommiges in die hel ‘n swaarder straf as ander verkry


“Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie: “Ellende wag vir jou...Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle.” (Matt. 11:20-22)

“Hulle eet die huise van die weduwees op en doen vir die skyn lang gebede. Hulle sal ’n swaarder oordeel ontvang.” (Luk. 20:47)

[gelykenis van die waaksame slaaf]... “Die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê maar wat nie gereed gemaak of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, sal ’n swaar straf kry. Maar hy wat nie geweet het nie en dinge gedoen het wat straf verdien, sal ’n ligte straf kry. Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie ge-eis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” (Luk. 12:47,48)

6. Die laaste en miskien die belangrikste wat ons moet weet van die hel, is dat die hel God se hel is

“Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie” (Joh. 1:3)

“Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is” (Matt. 25:41)

Die hel is nie ‘n plek waar God nie is nie -

i. As God nie daar is nie, dan is Hy nie alomteenwoordig nie

ii. As God nie daar is nie, kan die hel nie bestaan nie

iii. As God nie daar is nie, sal dit genade teenoor die ongelowiges wees

= Hel beteken God is juis daar, maar Hy is daar sonder Sy liefde, sonder Sy genade, sonder Sy barmhartigheid. Hy is dáár, maar Hy is daar in al Sy woede en wraak.

“Die ewige verdoemenis sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en van sy wonderbaarlike mag.” (2 Thess. 1:9)

iv. Die woordjie “uit die teenwoordigheid van God” beteken in hierdie konteks twee dinge tegelyk

1. Die verdoemdes sal geban wees (uitgesluit wees) uit God se teenwoordigheid en wonderbaarlike mag

2. Hulle word geban juis deur Sy teenwoordigheid en Sy wonderbaarlike mag

Jerusalem is Syne. Gehenna is Syne.



--


Groete uit die pastorie!



93 views

Recent Posts

See All
bottom of page