Daar is nie meer vandag apostels met apostoliese gawes, in die Bybelse sin van die woord nie.
Die apostels was oor- en ooggetuies van Jesus se woorde en werke (Hand. 1:12-26). Die apostels het gesag van Jesus ontvang om die Nuwe-Testamentiese Kerk te plant (Hand. 1:7-9). Die apostoliese gawes is daarom nie meer normatief vandag, na die dood van die apostels nie.
Meer inligting: