top of page

WIE IS ONS?

Ons glo dat ons hier in die Karoo-dorpie, Graaff-Reinet, vergader, beskerm en onderhou word deur God self. Ons onderskryf die Drie Formuliere van Eenheid: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreels. Jesus Christus roep ons deur Sy Gees en Woord om as 'n eenheid Hom, ons mede-gelowiges en die gemeenskap te dien met die gawes wat Hy gee. Ons doen dit met oorgawe en blydskap, met die oog gerig op die dag wat ons weer ons Heiland sal sien, net soos Hy opgevaar het, as Hy weer kom!

  • googlePlaces
  • facebook
  • youtube
  • iTunes

DIE DRIE "G'S" VAN VAN ONS GEMEENTE

GELOOF

Ons as gemeente is die gemeenskap van gelowiges. Geloof maak ons deel van die liggaam van ons Here Jesus Christus en Hy is ons Hoof. Deur geloof in Jesus Christus is ons salig. In die gemeente is dit belangrik dat u eie verantwoordelik neem om te groei in u lewe as gelowige (Ef. 2:8,9).

GAWES

Deur die geloof, kry ons deel aan al Christus se skatte en gawes. Hierdie gawes gee die Heilige Gees aan elkeen (sonder uitsondering!) wat deel is van Christus se liggaam. Met hierdie gawes moet ons mekaar in die gemeente bedien.

GEDRAG

Onder geen omstandighede ag ons onsself sondeloos nie. Inteendeel. Ons is ‘n gemeente wat daagliks stry teen ons gebrokenheid. Die Here is koning oor ons lewe en Hy vereis dat ons, ons ook soos Konings-kinders gedra. Terwyl ons rus in Christus en Sy volmaakte verlossingswerk, wil en moet ons gehoorsaam wees aan die Here en Sy wet: daardeur lééf ons, ons liefde vir God en liefde vir ons naaste (Ef. 5,6).

WAT GEBEUR TYDENS 'N EREDIENS?

Eredienste is elke Sondagoggend om 09h30 in die kerkgebou (h/v Middel & Bourkestr, Graaff-Reinet).

Almal is hartelik welkom!

Iets wat dalk vir jou vreemd of nuut kan wees, is die verloop van die eredienste. Die verloop van die erediens noem ons die “liturgie” (=antwoord van die volk) en behels onder andere die volgende:


Voorafsang
Gewoonlik het ons voor die erediens ‘n geleentheid om saam te sing. Dit is ook ‘n geleentheid om nuwe Psalms & Skrifgetroue liedere te leer ken. 


Votum & Groetseën
Die votum is die geleentheid in die erediens waar ons, ons afhanklikheid van die Here verklaar. Die groetseën is die Here wat deur die Woordbedienaar Sy gemeente seën met woorde wat uit die Bybel kom. 


Sang-geleenthede
Met elke lied wat ons sing, antwoord ons op iets wat die Here vir ons gedoen het. Sang is die manier waarop ons in die erediens met die Here en met mekaar kommunikeer (Kol. 3:16).


Indien u ‘n Psalmboek benodig – kontak asb. die skriba of die kerkkantoor.


Gebede
Vanselfsprekend is dit die geleentheid in die erediens waar ons saam, onder leiding van die Woordbedienaar tot God bid. Dit is die mans se eie keuse of hulle tydens gebede wil sit of staan.

 

Prediking
Die prediking is die gebeurtenis in die erediens, waar die Skrif vir die gemeente uitgelê word. Ons word daardeur vertroos, vermaan en toegerus vir ons daaglikse roeping.  Die prediking is hoofsaaklik die geleentheid waar ons vanuit die Skrif opgeroep word tot geloof in, en bekering tot, God Drie-Enig. 

 

Indien u ‘n Bybel benodig – kontak asb. die skriba of die kerkkantoor.


Liefdegawes
In die erediens is daar geleentheid om barmhartigheid te betoon. Die kollektes word deur die diakonie bestuur en aangewend. Die geleentheid of instansie waarvoor elke kollekte gebruik word, word elke Sondag afgekondig. 
Enige navrae oor die kollektes of die gemeente se finansies kan met groot vrymoedigheid aan jou diaken, die kassiere of skriba gerig word.


Wegstuurseën
Die seën aan die einde van die erediens is dalk die einde van die erediens, maar daarmee stuur die Here ons uit in die wêreld in, om met ons lewens-erediens aan te gaan en vir Hom te leef. 

 

WIL JY 'N LIDMAAT WORD?

Vul asb. hierdie inligtingsvorm in en kontak die kerkkantoor om by die gemeente in te skakel!

ANDER BEDIENINGE

Scriptura

Ons gemeente is ook betrokke by 'n internet en aanlyn bediening, genaamd Scriptura. Dit is 'n Gereformeerde blog en potgooi. 

Luisteraarsvraag:  Sewendedag adventiste

Luisteraarsvraag: Sewendedag adventiste

Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer en Marnix Boersema Wat glo die Sewendedag adventiste? Hou hulle by die waarheid van die woord van God, of is hulle vasgevang deur vreesaanjaende profesieë en visioene? Is dit 'n kultus of 'n sekte, of sommer net 'n ander manier om God te aanbid? Hoe kan ons mense antwoord oor die hoop van ons verlossing in Christus, en hoe kan ons hulle in liefde benader? 04:20 Inleidende gedagtes 08:30 Praat die waarheid in liefde 12:30 Watter front hou die SDA voor? 13:30 Historiese agtergrond en ontstaan 20:55 Hoe verskil Sewendedag adventisme van die gereformeerde leer? 25:30 Juk van diensbaarheid, sabbat en voedselwette 28:10 Kan ons met hulle assosieer in kerkverband? 27:45 Slaggate van die betowerende dwaalleer 33:50 Metodes van benadering Skrifverwysings: 2 Tim 2:24-25, Joh 8, Ef 4, Tit 1:9, 1 Pet 3, Gal 5:1, Rom 8:1, Kol 1 en 2 Webskakel: https://www.scriptura.co.za/2025/05/luisteraarsvraag-hoe-benader-ons-sewende-dag-adventiste Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Menslike seksualiteit:  Die troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus

Menslike seksualiteit: Die troos en sekerheid van 'n nuwe identiteit in Christus

Aanbieders: Jaco de Beer, Jonker Venter, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn Hoekom het ons 'n kategismus vir menslike seksualiteit nodig? Hoe groot is ons seksuele sondes, begeertes, luste en dade? Kan ek seksuele sondes oorkom, bevry word daarvan en voor God rein leef? Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons ’n nuwe identiteit in Jesus Christus het? Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet? 04:35 Agtergrond en geskiedenis van die kategismus vir menslike seksualiteit 11:15 Waarom 'n nuwe kategismus, en wat bied dit? 18:30 Hoekom is dit vertroostend om te weet dat ons ’n nuwe identiteit in Jesus Christus het? 27:58 Wat moet ek oor menslike seksualiteit en my nuwe identiteit in Christus weet? - Hoe groot is my seksuele sondes? - Hoe kan ek van my seksuele sondes bevry word? - Hoe kan ek 'n lewe van dankbare seksuele reinheid in Christus leef? Link na aflaaibare kategisus: https://www.scriptura.co.za/?s=menslike+seksualiteit Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Perspektief: April 2025

Perspektief: April 2025

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jaco de Beer Scriptura gesels oor pous Francis se afsterwe en die nuwe pous Leo XIV se verkiesing. Dan word Jean Oosthuizen van Ontlaer se artikel oor radikale bevrydende humaniteit en sy "vryheid" wat wegdeins van rigiede dogmatiese geloof in die hiermaals bespreek. 02:10 Pous Francis se nalatenskap 11:40 Proses van pousverkiesing in die Rooms Katolieke kerk 16:40 Hoe kies gereformeerde kerke 'n predikant? 22:40 Jean Oosthuizen se artikel: Radikale bevrydende humaniteit 30:30 Staan liefde en waarheid regtig teenoor mekaar? 36:40 Hoe verskil die beeld van God 40:10 Waak teen die dwaalleer Skakel na video reeks van Clouser: https://youtube.com/playlist?list=PLTzl0n4AgCRwxuFWAqpz5Q2OEVbd0Cp2n&si=5yl8iSbJ2qsdknXb Boekskakel: The myth of religious neutrality (Clouser) - https://www.amazon.com/gp/aw/d/B01D4TAXXC/ https://www.scriptura.co.za/2025/05/perspektief-april-2025 Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Nuwe Dissipels:  Die laaste dae

Nuwe Dissipels: Die laaste dae

Aanbieders: Marnix Boersema, Jaco de Beer, Jan-Louis Lee en Gerhard van Rhyn Wat gebeur met jou as jy doodgaan?  Is daar lewe na die dood?  Verdien almal om gered te word?  Wat is die eindbestemming van die gelowige en die ongelowige?  Wat is die hemel en die hel, en wie heers oor dit?  Wat gaan gebeur met die laaste oordeel, en vir wie is die poel van vuur? 02:00 Nuwe Dissipels: Die laaste dae 03:15 Twee eindbestemmings en die wanpersepsies 11:00 Waarheen is Jesus na Sy sterwe? 15:00 Wie word met die wederkoms uit die dood opgewek? 23:20 Die finale oordeel - boeke van die gewete 25:50 Die gelowige se hoop en troos 36:25 Vir wie is die poel van vuur Skrifverwysings: Apostoliese Geloofsbelydenis, Matt 10:28, Westminster Catechism, Heb 9:27, Luk 16:19-31, 1 Tess 4, Op 4, 5 en 13, Heidelbergse Kategismus Sondag 1-7 en 19, Nederlandse Geloofsbelydenis art 29 en 37, Op 21:4, Rom 8, Op 20:10-15. https://www.scriptura.co.za/2025/05/nuwe-dissipels-die-laaste-dae Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Perspektief:  Maart 2025 - NG Kerk Namibië

Perspektief: Maart 2025 - NG Kerk Namibië

Aanbieders: Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn Scriptura voer 'n tweede onderhoud met Ds Dubois du Toit van die NG kerk Suiderhof in Namibië oor die uittrede van 10 NG kerke uit die Algemene Sinode (ASM) as gevolg van afwykings van die Skrif. Die NG Kerk Namibië verwerp die waninterpretasie van die skrif, onbybelse kerkorde, homoseksualiteit, homoseksuele huwelike, humanistiese invloed en die "woke" beweging wat al vanaf 2002 die sinode besluite onbybels beinvloed het. Teologiese opleiding wat ook afwyk van die gereformeerde leer vir die afgelope 30 jaar, is nou ook onder die vergrootglas. 00:00 Perspektief Maart 2025 - NG Kerk Namibië 01:00 Ds Dubois du Toit oorsig 02:06 Tydlyn van gebeure by die NG kerk in Namibië 10:25 Verband tussen NG Kerk in Namibië en NG Kerk Suid-Afrika 12:50 Definisie en siening oor homoseksualiteit en selibaat lewe 16:30 Werking van moderamen en onbybelse kerkorde 20:00 Oopstelling van alle soorte huwelike op grond van humanisme (woke) 24:08 Roeping van die NG kerk Namibië en hul siening oor skrifgesag, skrifinterpretasie en gereformeerde belydenisse 35:25 Hofsake en afwesigheid van kerklike tug - onskriftuurlike beginsels 38:34 Wat is die pad vorentoe? 43:00 Liberale en ekumeniese teologiese opleiding 46:20 Raad aan gereformeerde kerke Skrifverwysings: Matt 18, 1 Kor 6 Ander skakels: https://koinoniasinode.org.za/boek/ https://www.scriptura.co.za/2025/04/perspektief-maart-2025-nk-kerk-namibie Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Nuwe Dissipels:  Gebed

Nuwe Dissipels: Gebed

Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Marnix Boersema, Jonker Venter en Jaco de Beer Hoekom praat christene met God? Waarom beveel God dat Sy kinders bid en aanbid? Wat gebeur as christene bid? Hoe en waarvoor mag ons bid? Is daar krag in gebed? Waarvoor moet ons oplet om die eer van God voorop te stel? Wat is die hooffokus van gesprek met God eintlik? 00:36 Nuwe Dissipels - Gebed 02:19 Wat is gebed? (vee stilte uit na 1:30, asook die lang stilte tussen 2 3n 3, 07:50 Hoe bid ek, en wat is my ingesteldheid? 10:28 Calvyn se 4 riglyne vir gebed 14:40 Maniere en metodes om te bid 21:15 Wat beteken dit om in die Gees te bid? 24:20 Waarom is gebed nodig vir die kind van God? 25:10 Waarvoor moet ons bid? 31:20 Waarom kan ons bid? 33:35 Wat beteken dit om in die naam van Jesus Christus te bid? Skrifverwysings: Matt 4:4, Deut 8:3, Joh 14:14, Joh 15:16 en Joh 16:24, Matt 67, Luk 19:9-14, Heb 11:6, Open 5 en 6, Jud 1:20, Ef 6:19, Heidelbergse Kategismus Sondag 45, Fil 4, Gal 4:6, Heb 4:16. Webtuiste skakel: https://www.scriptura.co.za/2025/04/nuwe-dissipels-gebed Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Nuwe Dissipels:  Die Bybel is die Woord van God

Nuwe Dissipels: Die Bybel is die Woord van God

Aanbieders: Jonker Venter, Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn Watter gesag het die Bybel in gelowiges se lewe? Is die Skrif net 'n handleiding met kennis en reels, of is daar iets meer wat God openbaar in Sy woord? Kan ons ooit genoeg van God se woord kry, en het ons iets meer nodig? Wat is die uniekheid van God se woord? Is dit God of mense wat die Bybel geskryf het? 02:30 Die Bybel is die woord van God 06:00 God en Sy woord is 'n eenheid 08:00 Die Bybel is geinspireerd 15:20 Vir mense deur mense 22:30 Lees die Bybel en bid daagliks om te groei in geloof 29:50 Praktiese raad Skrifverwysings: Jer 36, Ps 138, 2 Petrus 19-22, 2 Tim 3:16-17, Deut 7, Open 22:18-19 BB Warfield artikel: https://bbwarfield.com/works/inspiration/ https://www.scriptura.co.za/2025/04/nuwe-dissipels-die-bybel-is-die-woord-van-god Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Nuwe Dissipels: 'n Lidmaat van die Kerk

Aanbieers: Jaco de Beer en Marnix Boersema "Ek glo in God die Vader,... Jesus Christus,... en die Heilige Gees... Ek glo in 'n heilige algmene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges .....". Wie is deel van die liggaam van Christus? Wie is die onsigbare kerk? Het ons dalk 'n vlak beskouing van die kerk? Waar begin lidmaatskap van die kerk? Wat beteken dit in werklikheid om ’n lidmaat van die kerk te wees? Wat is die kerk vir Christus? Hoe word God se verbond sigbaar gemaak en hoe word ons geloof versterk? Hoe vorm en voed Christus gelowiges tot sy diens in die wêreld? 00:00 Lidmaat van die kerk 02:00 Waar begin lidmaatskap van die kerk? 07:30 Ons geestelike verbindtenis met die onsigbare kerk 11:40 Hoef ek deel van die sigbare kerk te wees? 20:00 Waar lê die outoriteit in die kerk? 23:00 Wie bring gelowiges bymekaar en hoekom? 26:30 Wat is die genademiddele en hoekom het ons dit gekry? Skrifverwysings: Matt 16:18-19, Ef 1:23, Kol 1:24, HBK Sondag 21, 25-29, NGB Art 27–33, 35, 1 Kor 12:13, Ef 2, Open 5-6, Heb 12, Ef 3 en Kol 2-3, Matt 28:19, Hand 2:47, Joh 3, Heb 13:17, Heb 10:24-25; Fil 2:4-11, Rom 10:14-15; Matt 28:19; 1 Kor 11:23-28; 2 Tim 4:1-5, Dordtse Leerreëls 5:14. Apostoliese geloofsbelydenis. Maak gerus 'n donasie via SnapScan: https://pos.snapscan.io/qr/-NgqDbFq Teken in op ons YouTube kanaal — https://www.youtube.com/c/scriptura Luister na Radio Scriptura op Apple Podcast — https://podcasts.apple.com/za/podcast... Besoek ons webblad — www.scriptura.co.za Like ons blad op Facebook — https://facebook.com/scripturaweb Epos ons, of stuur jou vrae na — info@scriptura.co.za Scriptura is 'n Gereformeerde blog & podsending, met 2 Timoteus 3 v.16, 17 as ons fokus: "Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus."
bottom of page