SaamLees
SaamLees is kort video's (+-10min) waar ons elke weeksdag saam lees uit 'n deel van die Bybel. Die gedeelte word visueel verduidelik en toegepas en daarna bid ons saam.
SaamLees is vir elkeen wat nie altyd baie tyd tot hulle beskikking het nie, maar tog graag 'n daaglikse Bybel leesplan wil volg.
Sluit aan by hierdie Whatsapp-groep, om elke dag se SaamLees video te ontvang, sodra dit uitkom.
"En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos die van die unieke Seun van die Vader - vol genade en waarheid." (Joh. 1:14)
"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde." (Hand. 1:8)
"Die boodskap van die kruis is immers dwaasheid vir diegene wat verlore gaan, maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God." (1 Kor. 1:18)