top of page

Die Martelare (1): Ons Here Jesus Christus, die Seun van God

Met hierdie plasing begin 'n reeks uit die geskiedenis oor die martelare van die Christelike geloof.


Die gelowiges in die kerkgeskiedenis is vir ons soos 'n "wolk van getuies". Ons wil veral ons broers en susters onthou, wat hulle lewe vir die Here gegee het. Die Here beveel ons ook om die voorbeeld van goeie geloofsleiers in die geskiedenis na te volg (Heb. 12 & 13:7).


Behalwe vir die feit dat die geskiedenis van die martelare vir ons 'n navolgingswaardige voorbeeld laat, gee hulle verhale ons ook die heldemoed om nie geestelik moeg te raak en uit te sak nie, maar met die oog gerig op Jesus die wedloop met volharding te hardloop.

Hierdie reeks plasings fokus vir eers op die Nuwe-Testamentiese martelare.


Ons moet noodwendig begin by die Leidsman en Voleinder van die geloof: ons Here Jesus Christus, die Seun van God. Hieronder 'n kort aanhaling oor Jesus uit die "Historie der martelaren" van A. Haemstedius:


“Met betrekking tot die versoening van die Kerk word sy alleen verlos en gesuiwer deur die kosbare bloed van Christus, die seun van God.


Ons moet onderskeid tref tussen Hom en die martelare wie se dood, hoewel kostelik in die oë van die Here, nie tot verlossing van iemand strek nie. Want Hy alleen het die toorn van God en die gramskap van die hel, wat alle martelare allermins nie kon bedink nie, gely en gedra.

Die kerkleraars sê wel dat die bloed van die martelare die saad van die kerk is maar nie die versoening van die kerk nie.


Benewens die versoening in Christus, dien Sy lyding ons ook tot voorbeeld om na te volg; want Hy het as ons Here en opperste Hoof ons voorgegaan, sodat ons, wat onder Sy banier stry, deur Hom die volle oorwinning tot ons saligheid sal verkry."

17 views
bottom of page