top of page

Forum Posts

Marnix Boersema
Jan 17, 2023
In Aktueel
Die Here wil dat mans die amp van ouderling (en lerende ouderling, oftewel predikant) beklee en nie vroue nie. Dit sê die Here uitdruklik by monde van sy geroepe apostel, in die Nuwe Verbond na die uitstorting van die Gees: "Ek laat haar nie toe om daar onderrig te gee of oor die man gesag uit te oefen nie; sy moet stil wees." (1 Tim. 2:12). Hierdie bevel berus nie op sosiale of kulturele omstandighede nie, maar op die skeppingsorde, want die apostel sê net een vers later: "Adam is immers eerste gemaak, Eva daarna." (1 Tim. 2:13). Die rede waarom slegs mans die amp van ouderling beklee, is dus omdat God man en vrou in 'n bepaalde orde geskape het en daardie orde slaan deur in die ampte. God het beide man en vrou as gelykes geskape na Sy beeld (Gen. 1:26), wat beteken man en vrou is beide ewe waardevol. Die een is nie van hoër waarde of beter as die ander nie. Hoewel hulle gelykes is, is dit duidelik dat die man vanweë Sy Godgeskape orde die amp van ouderling moet beklee en nie die vrou nie. Dit is wel nie 'n gegewe dat enige man die rol van ouderling mag beklee nie, maar slegs hulle wat daartoe geroep is en daarvoor bekwaam gemaak is deur die Heilige Gees, soos die Here dit duidelik maak in verskeie tekste soos 1 Tim. 3:1-7.
0
0
104
Marnix Boersema
Jan 17, 2023
In Aktueel
God is werklik in beheer van alles: die voorspoed en ook die onheil wat oor ons kom (2 Sam. 17:14; 2 Kon. 22:16; 2 Kron. 34:24; Jer. 4:6; Eseg. 6:10 & Heidelbergse Kategismus Sondag 10:27). Die Skrif is duidelik dat die Here doen wat Hy wil: "Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie." (Dan. 4:35). Christene weet dat die swaarkry wat ons beleef na ons toe kom as liefdevolle dissipline van ons hemelse Vader (Heb. 12:1-13). Ons moet nie teen hierdie dissipline skop, moeg raak of uitsak nie, want ons het die belofte in Christus, dat dit 'n vredevolle vrug sal lewer!(Heb. 12:11).
0
0
47
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die doop in die Naam van God drie-enig is die Bybelse doop. As jy in God se Naam gedoop is, moet jy jou nie weer laat doop nie. Die doop is nie in die eerste plek jou belofte aan God nie, maar Sy belofte aan jou. Daarom is 'n eenmalige doop voldoende om die beloftes van die Evangelie aan ons te bekragtig. God se beloftes staan ewig vas, selfs al het jy eers heelwat later ná jou doop tot bekering gekom (Tit. 3:5-7). ​ Indien jy nie die Bybelse doop in God se Naam ontvang het nie, moet jy jou laat doop in die Naam van God drie-enig as jy glo in Jesus Christus (Hand. 19:1-6).
0
0
44
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die Here roep ons op om ons eie harte te ondersoek en te vra of ons prioriteite in die lewe reg is (Hagg. 1:5; 1 Kor. 11:27,28 & 2 Kor. 13:5). Wanneer ons onsself ondersoek, erken en bely ons ons sonde voor die Here en glo weer die Evangelie van vergifnis en vryspraak in die Persoon en Werk van Jesus persoon en werk van Jesus Christus (1 Joh. 1:8,9). Meer inligting: Hoe doen ek Bybelse selfondersoek?
0
0
36
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die vroegste Christene het na Jesus se opstanding nie meer op 'n Sabbat (ons Saterdag) bymekaargekom om te aanbid nie, maar op die eerste dag van die week (ons Sondag). Verskeie tekste verwys hierna en praat van die "eerste van die Sabatte" (Sondag) as die feesdag van die Nuwe Verbond: Matt. 28:1; Mark. 16:2; Luk. 24:1; Joh. 20:1,19; 1 Kor. 16:2 e.a.. Meer inligting: Sabbatdag, Rusdag, Ewige Rus Sabbat & Sondag
Sabbat & Sondag content media
0
0
39
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die sakrament van die doop is 'n teken van God se verbond. Vir die rede word die kinders wat in die verbond gebore word ook gedoop. Meer inligting: Doop & Dissipelskap Waarom ek my siening van die doop verander het Uitverkiesing, doop & verbond
Kinderdoop content media
0
0
19
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Soms ook die "Israelwaarheid" genoem. Die beweging is 'n dwaling. Die Israelvisie vind sy wortels o.a. in Armstrongisme - die leerstellings van Herbert W. Armstrong en die Worldwide Church of God. ​ Die beweging se "teologie" is hoofsaaklik gebasseer op foutiewe argeologiese en historiese data en berus ook op verdraaiings van die Skrif. ​ Die groepe propageer 'n valse evangelie wat o.a. leer dat jy gered word o.g.v. jou ras/volk/herkoms en nie deur geloof in Jesus Christus alleen nie. ​ Meer inligting: Israelvisie The Cult I grew up in
0
0
92
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die Here sê uitdruklik dat homoseksualisme sonde is (Rom. 1:26-33; 1 Kor. 6:9-11; 1 Tim 1:8-11; Jud. 1:5-8). Hy sê ook dat daar vergifnis is vir die sonde van homoseksualisme en ander seksuele sondes (Joh. 8:7-11). As Christene moet ons breek met die sonde van die ou mens - dit sluit homoseksuele neigings in, net soos elke ander sonde (1 Kor. 6:17-20). Christene moet ook mekaar liefhê en bedien met die liefde en gawes van Christus (Gal. 5:14). ​ Meer inligting: Breek met seksuele sondes!
Homoseksualisme content media
0
0
13
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die apokriewe dui op die "verborge" boeke. Die boeke se outeurs kan gewoonlik nie bepaal word nie. Gereformeerdes erken nie die Ou- of Nuwe-Testamentiese apokriewe boeke as God-geïnspireerd nie. ​ Meer inligting: Sola Scriptura, maar wie se Scriptura?
0
0
21
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Daar is nie meer vandag apostels met apostoliese gawes, in die Bybelse sin van die woord nie. Die apostels was oor- en ooggetuies van Jesus se woorde en werke (Hand. 1:12-26). Die apostels het gesag van Jesus ontvang om die Nuwe-Testamentiese Kerk te plant (Hand. 1:7-9). Die apostoliese gawes is daarom nie meer normatief vandag, na die dood van die apostels nie. ​ Meer inligting: Die gawes van die Gees
Apostels content media
0
0
15
Marnix Boersema
Jul 12, 2022
In Aktueel
Die HERE alleen gee lewe. Lewe van die ongebore baba begin met konsepsie (Ps. 139:13). Aborsie is kindermoord. Meer inligting: Toerustingsgesprek 1 Toerustingsgesprek 2 Endabortions.co.za
Aborsie content media
0
0
13

Marnix Boersema

Admin
More actions
bottom of page