top of page

Familiegeskiedenis

Wat my bybly van afgelope Sondag se teksgedeelte (Hebreërs 11:23-40) is die besondere familie wat ons het. Die Geloofsfamilie. 


As gelowiges is ons nooit nét individue nie. Ons het ‘n familiegeskiedenis van broers en susters wat vir ons wys hoe dit lyk om in die geloof te lewe. Simson, Ragab, Daniël...


My geloofsfamilie is mense wat by tye, net soos ek, misrabele mislukkings was. Tog het hulle in die geloof hulle troos in Christus gesoek en dit daar gevind. 


My geloofsfamilie inspireer my en motiveer my om onbeweeglik vas te gyp aan die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis.


In die besluite wat ons neem en die beproewings wat ons deurgaan kan ons soos ons geloofsfamilie dit alles vreesloos deurstaan, omdat ons in die geloof die Onsienlike sien. Daar is vir ons ‘n groot beloning; ‘n beter opstanding.


Uit die geskiedenis van ons geloofsfamilie leer ons: “Bly julle maar kalm, die Here sal vir julle veg” (Eks. 14:13,14) Groete uit die pastorie.

65 views

Recent Posts

See All

Gefokus

bottom of page