top of page

Gefokus

Gewoonlik is suksesvolle mense (wat "sukses" dan ookal mag beteken), die mense wat die belangrikste dinge prioritiseer en konstant daarop gefokus bly. 


Een van die moeilikste dinge in hierdie lewe, is om 'n enkele fokus op iets te hê. Om die belangrikste te prioritiseer en fokus daarop te behou! Dit is so in ons besigheidslewens, ons huweliksverhouding en meeste ander bedrywighede. Dit is ook so, hoofsaaklik in ons geestelike lewe. Hier geld die gesegde van ’n Amerikaanse prediker veral: “the main thing, is to keep the main thing, the main thing!"


Ons geesteslewe is nie maar net nog 'n "kompartement" nie. Ons verhouding met die Here oorkoepel elke ander aspek van ons bestaan! So is daar 'n oorheersende, geestelik prioriteit wat ons altyd moet behou. Enige ander prioriteite wat ons in die lewe mag hê is ondergeskik aan hierdie een, groot geestelike prioriteit. Hierdie hoogste prioriteit bepaal ook elke ander fokus wat ons mag hê.


Wat is hierdie hoogste prioriteit? Om Jesus te volg. Om die oog op Hom te hou. Om op Hom gefokus te bly. Om ons kruis op te neem en dissipels van Jesus te wees, soos ons verlede Sondag uit Hebreërs 12:1,2 gehoor het.


As ons maar lewenslank net die oog op Hom hou en Hom volg, dan is ons as ek dit so kan stel, suksesvol. "Suksesvol" nie volgens wêreldse standaarde nie, maar volgens God s'n. Om te hardloop met die oog op Hom is ons doel op aarde. ”Keep the main thing, the main thing!” - dit is die “main thing”.


Hardloop gefokus op Jesus! Groete uit die pastorie.

63 views

Recent Posts

See All
bottom of page