top of page

Wat is 'n mooi vrou in God se oë?

Ek nooi jou mooi vrou, dogter, ouma, ma, vriendin. Kom deel saam met my enkele gedagtes:

God het die mens geskep na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskep, manlik en vroulik het Hy hulle geskep (Gen. 1:27 2020 vertaling).

George McDonald het gesê :

God se vingers kan niks aanraak sonder dat dit iets mooi word nie.

Ons is God se meesterstuk, die appel van Sy oog. Om jouself eers deur God se oë te sien, is die regte stap om te sien hoe ‘n mooi vrou jy is, want God kyk met sagte oë na ons en vou die sagtheid van sy liefde om ons harte.


Die gesindheid van ons harte moet wees soos wat ons lees in Efesiërs 4:2:

Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra in liefde.

‘n Mooi vrou in God se oë dra haar hart se gesindheid soos n kroon - met waardigheid, hoop, trots, blyskap en dankbaarheid.

Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap,die kroon op ons werk waarop ons tros sal wees wanneer ons met Sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn? (1 Thes.2:19)

Die vrou wat God se kroon dra versprei Sy aangename geur oral waar sy gaan soos Paulus in 2 Kor 2:14 verkondig het:

Deur ons versprei hy die kennis van Christus oral soos n aangename geur.

Deur die genade en liefde van God kan ons ons gawes en talente ontdek deur diensbaar te wees en soet geure te vesprei soos talle vroue waarvan ons lees in God se Woord:

  • om soos Elisabet, Maria se tante, ook na aan God te leef, sy werke beleef en aan jonger vroue leiding te gee.

  • om soos Maria van Betanië, die beste deel te kies – om aan Jesus se voete te sit en by Hom te leer.

  • om soos Martha van Betanië te dien, maar tog geestelik met Jesus te gesels.

  • om soos die vrou wat Jesus se voete gesalf het, uit liefde iets moois en goeds vir Hom te doen en Sy glimlag en sagte oë te sien.

Mooi vroue is sinoniem met skoonheid. God maan ons egter dat skoonheid nie bestaan uit uiterlike dinge nie:

Nee, julle skoonheid moet die van 'n innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde (1 Pet. 3:4).

In die bekende gedeelte in Spreuke 31:10-29 word die vrou as knap, diensbaar, sorgend, wys en bewonderendwaardig beskryf, maar dan kom vers 30:

Uiterlike skoonheid hoù nie ,’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy dien, dan verdien vrou om geprys te word.

Mooiste vrou van God, vind vrede en krag in wat diep binne jou lê. Dis dikwels hoe jou hart voel, nie hoe jy lyk nie, wat jou mooi maak.

913 views

Recent Posts

See All
bottom of page