top of page

Wat leer die Bybel ons oor liefde?

Die artikel is geskryf deur een van ons hoërskoolkatkisante, Cara Jansen.

 
Hy het vir hom gesê:” ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die belangrikste en die eerste gebod. En die tweede wat hieraan gelyk staan, is, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Op hierdie twee gebooie berus die hele Wet en die Profete.” (Matteus 22:37-40)

Die Bybel leer ons dat:


...liefde lankmoedig en vriendelik is, liefde is nie jaloers nie, liefde praat nie groot nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken nie kwaad toe nie. (1 Kor. 13:4-5)

Liefde is ‘n gevoel/emosie wat nie beskryf of verduidelik kan word nie. Daar is baie soorte liefde, liefde vir jou familie, liefde vir jou vriende, romantiese liefde, ens. Maar daar moet wel altyd liefde in elke verhouding teenwoordig wees, want dít is wat van ons verwag word as mense van God, as gelowiges moet ons almal in ons lewens met liefde ontvang.


Die soort en intensiteit van die liefde wat ons vir verskillende mense in ons lewe voel, verskil. Die liefde wat ons vir sekere mense gee gaan nie altyd aan ons terug gegee word nie of party mense wil nie liefde aanvaar nie maar dit is nogsteeds ons plig om vir ons naaste lief te wees. Liefde kan ‘n groot verskil in ‘n persoon se lewe maak.


Daar word ook vir ons beveel dat, laat alles wat ons doen in liefde geskied (1 Kor. 16:14). As liefde die band is wat alles saam bind is alles volmaak saam gebind (Kol. 3:14). Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie (Spr. 3:3).


God beveel dat ons mekaar in liefde moet verdra (Kol. 3:13). Ons moet mense in liefde aanvaar al glo hulle nie wat die Bybel vir ons leer nie, dan moet ons hulle met liefde reg help op die pad na God en hulle nie verwyt of oordeel as gevolg van wat hulle glo nie.


En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. (1 Johannes 4:16)

Die Bybel verduidelik dat Christus deur die geloof, in die wat in liefde gewortel en gegrond is, se harte sal woon.


Die Bybel leer ons dat maak nie saak wat jy besit, begryp of doen nie, as jy nie liefde het nie... dan het jy niks.

56 views

Recent Posts

See All
bottom of page