top of page

Wat is die Waarheid?

So kom die wolf in skaapsklere met ‘n paar vragies:

  • Waarom vier ons die Sabbat of ‘n Sondag as so baie bewyse dui dat die Jode Sabbat gevier het op ‘n Saterdag?

  • Waarom vier ons Kersfees, Jesus was dan nie eers gebore in Desember nie?

  • Waarom noem ek ons Verlosser Jesus Christus? Dis Yeshua in Hebreeus… en waarom noem ek nie Ons Vader op sy Allerheiligste Naam nie??

Is die agterdeur al oop vir die wolf om in te kom?

  • Waarom lees ons nie die Apokriewe briewe nie, dit verduidelik alles soveel beter? (Gits ek het nie eers geweet daar is so iets nie).

  • Dele van die Bybel is vertaal in 3415 tale volgens Wikipedia, hoe kan ons dan weet die waarheid word reg oorgedra?

  • Hoekom eet jy vark en volg nie meer die wette nie, jy wil dan die Vader eer?


Nou moet ek plan maak, want ek ken nie die antwoord vir die vrae nie. Die persoon wat wel die vrae ken sal vining vir jou baie tekse, Skrifte ensovoorts uitpluk en ‘WYS’ dat jy in ‘n leuenwereld leef waar dominees rondgaan en vir ons jok.


As die Bybel nie voldoende is om hul punte te bewys nie, dan trek hul maar die Skrifte van die Kerkvaders in om hul punte te staaf.


Voor jy jouself kan kry lees jy die ‘Boek van Herinnering’ (wat self in die jaar 2000 eers geskryf is volgens hul webtuiste, en self erken dit is menigmaal al her-vertaal aangesien hul nie kan saamstem op die regte vertaling nie. En wat gerieflik ‘n paar Evangelie boeke nie bevat nie).


Jy volg ‘n leraar (wolf) op sosiale media wat als in Hebreeus wil vertaal, sonder om self te weet hoe om Hebreeus te lees of skryf, wat direkte vertalings gebruik om sy punte te staaf, sonder ‘n idee van sinkonstruksie. Dan plaas jy dit op sosiale media, want daar is ander skape wat ook nie die antwoorde van die wolf ken nie.


Wat maak ek nou?


Bid, bid en nog meer bid. Ek is nie opgewasse om myself, my familielid, vriend, man of vrou uit die kake van die wolf te red nie. Ek gryp vas aan die Verlossing van Christus, die Krag van Ons Vader en die wysheid en leiding van die Heilige Gees.


Al is daar Susterskerke wat lyk of hul deur die wêreldse winde verwaai word, IS daar Dominees wat uit die Woord preek, deur die Gees gelei word, weet hoe om Hebreeus te lees en te vertaal (want hul het 7 jaar gestudeer!). En wat weet dat die Apokriewe geskrifte meer Roomskatoliek is en soms gebasseer was op verhale wat nie geskiedkundig korrek is nie. En dat Popias ensovoorts se geskrifte goeie geskiedkundige boeke is wat ons agtergrond gee, maar nie kan aanvaar word as Bybelse geskrifte nie, aangesien hul nie deur die Gees gelei was soos die Apostels nie.


Gaan hierdie genoeg wapens wees om mee oorlog toe te gaan?


“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” (Filippense 4:13)

Inspireer dit my om self my eie Bybel beter te leer ken en meer tyd saam die Vader te spandeer? DEFINITIEF!


Jy wil nie onkant gevang word as die wolf aan jou deur kom klop nie, selfs die sterkste manne struikel.


 

As jy meer wil weet oor die dwaling van die sg. Israelvisie, oftewel die Israelwaarheid, kan jy gerus hier kyk.

136 views

Recent Posts

See All
bottom of page